Mooija

Mooija Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Mooija, Pretoria.

Hoe lyk ’n beter lewe vir jóú as mamma? 🌿✨Ek hou daarvan om hierdie vraag te vra, want niemand gee ooit dieselfde antwoo...
11/09/2026

Hoe lyk ’n beter lewe vir jóú as mamma? 🌿✨

Ek hou daarvan om hierdie vraag te vra, want niemand gee ooit dieselfde antwoord nie.
Vir een mamma beteken dit dalk meer tyd saam met haar familie. Vir ’n ander beteken dit minder stres, meer buigsaamheid en die vryheid om haar dag anders te kan bestuur.

Dalk is dit om iets nuuts te leer, ’n nuwe vaardigheid te ontwikkel of selfs meer bewustheid rondom ’n besigheid en nuwe geleenthede te kry.

Ek sê dit omdat my eie lewe verander het toe ’n aanlyn besigheid oor my pad gekruis het.
Dit het my laat besef daar is dalk meer moontlikhede as wat ek voorheen gedink het. ❤️
Daar is nie net één regte antwoord nie.

As jy aan jou ideale lewe dink…
hoe sou dit vir jóú lyk?
En as jy meer wil weet oor wat my pad gekruis het, laat weet my in die comments. 🌿

Of noem vir my in die kommentaar
hoe lyk ’n beter lewe vir jóú as mamma? 🌿✨




Vanaand se getuienis:Karina Johnson het vir jare lang ure in die restaurantwêreld gewerk, totdat sy besef het hoe kosbaa...
10/09/2026

Vanaand se getuienis:

Karina Johnson het vir jare lang ure in die restaurantwêreld gewerk, totdat sy besef het hoe kosbaar tyd saam met haar kinders is. ❤️

Sy het besluit om ’n ander pad te ondersoek en vandag bou sy haar aanlyn besigheid van die huis af, terwyl sy meer tyd saam met haar gesin kan spandeer.

Haar storie wys vir my dat ’n mens soms net bereid moet wees om iets nuuts te leer en ’n nuwe moontlikheid te ondersoek. 🌱

Ek deel graag hierdie geleentheid met ander wat ook nuuskierig is om te sien waaroor dit gaan.
As jy graag hierna wil kyk, laat weet my in die comments en ek stuur vir jou die link. 👇

Niemand begin met al die antwoorde nie.As ’n juffrou én mamma het ek al hoe meer begin besef hoe belangrik dit is om die...
10/09/2026

Niemand begin met al die antwoorde nie.
As ’n juffrou én mamma het ek al hoe meer begin besef hoe belangrik dit is om die regte vrae te vra.

Ek wil as juffrou altyd méér doen.
’n Ekstra legkaart. ’n Inrygaktiwiteit.
Nog ’n speletjie. Ekstra oefening.
Ekstra ondersteuning. Selfs ’n ekstra Wiskundeklas wanneer ’n kind dit nodig het.

Maar ek sien hoe moeilik dit vir ouers geword het om selfs hierdie klein ekstra’s te bekostig.
En as mamma het ek myself ook begin afvra:
“Hoe gaan ek al die ekstra’s vir my eie kinders kan bekostig?”

Daardie vraag het my laat soek.
Nie omdat ek al die antwoorde gehad het nie, maar omdat ek bereid was om te leer.
Om nuwe vaardighede aan te leer.
Om nuwe moontlikhede raak te sien.
Om ’n kans te vat op iets wat ek nog nie voorheen gedoen het nie.

Want ’n nuwe vaardigheid kan na ’n nuwe geleentheid lei en ’n nuwe geleentheid kan jou hele rigting verander.

Jy hoef nie te weet presies waarheen die pad gaan nie. Jy moet net bereid wees om die eerste vraag te vra.

❤️ Watter vraag vra jy jouself vandag wat dalk die begin van ’n nuwe geleentheid kan wees?

Ek is ñ mamma en juffrou en ek wonder wanneer het “ek wil net die beste vir my kind hê” so duur geword?As ’n mamma én ju...
10/09/2026

Ek is ñ mamma en juffrou en ek wonder wanneer het “ek wil net die beste vir my kind hê” so duur geword?

As ’n mamma én juffrou sien ek dit elke dag.
Ek gee ekstra klasse, doen aanlyn klasse en help kinders met ekstra ondersteuning. Ek sien ook hoe ouers probeer om by te hou met alles: skooluitgawes, sport, toerusting, uitstappies, aktiwiteite, speelgoed en al die ander ekstra’s wat kinders nodig het en geniet.

Maar die waarheid is… baie mense kan dit eenvoudig nie meer bekostig nie.
En ek verstaan dit, want ek kan ook nie sommer net alles bekostig wat ek vir my eie kinders wil gee nie.

Dit het my laat wonder: Moet ons harder werk, of moet ons slimmer werk?

As jy ook hiermee sukkel, kom gesels met my. Kommentaar “EK WIL WEET” hieronder en vertel ek jou meer van my "journey" hoe ek ñ plan gemaak het.

As jy nuuskierig is, kom gesels met my. Kommentaar “EK WIL WEET” en ek deel graag wat ek ontdek het.





Kyk ’n bietjie na hierdie vraag…Hoe maklik praat ons onsself uit iets uit, maar hoe moeilik is dit om onsself in iets in...
10/09/2026

Kyk ’n bietjie na hierdie vraag…
Hoe maklik praat ons onsself uit iets uit, maar hoe moeilik is dit om onsself in iets in te praat?

As ’n juffrou én ’n mamma verstaan ek hierdie een baie goed.
Ek het nog altyd daarvan gehou om ekstra te doen vir my eie kinders, maar ook vir ander kinders. Ek weet egter eerstehands hoe vinnig die kostes optel. Skoolgeld, sport, toerusting, uitstappies, klere, aktiwiteite en al daardie “ekstra” geleenthede wat ons so graag vir ons kinders wil gee.

Maar wat gebeur wanneer jy dit nie meer alles kan bekostig nie?
Ek het myself vir lank uitgepraat en gesê:
“Dit sal regkom.”

Tot ek besef het… miskien moet ek ophou myself uitpraat en begin om myself in ’n nuwe moontlikheid in te praat.
Want soms begin verandering met net een besluit.







❤️

Mamma, ek wonder soms… waar sou ek vandag gewees het as ek 13 maande gelede al begin het om my eie aanlynbesigheid te bo...
09/09/2026

Mamma, ek wonder soms… waar sou ek vandag gewees het as ek 13 maande gelede al begin het om my eie aanlynbesigheid te bou?

Ek het iemand dopgehou, soos wat jy dalk nou vir my dophou. Ek het gewonder, getwyfel en gewag vir die “regte” tyd. Maar die waarheid is:

daar is nooit ’n perfekte tyd om te begin nie. Hoe langer jy wag, hoe langer neem dit om iets op te bou wat eendag vir jou kan werk. Jy hoef nie alles vandag te weet nie. Jy hoef net bereid te wees om die eerste stap te neem. So, mamma, as jy al ’n rukkie kyk en wonder… miskien is dit jou teken om op te hou kyk en te begin. Jou eerste stap kan vandag begin.
Af

09/09/2026

Dink vir ’n oomblik aan die vrae wat jy jouself vra wanneer dinge nie verloop soos jy gehoop het nie.

“Hoekom gebeur dit met my?”
Of dalk: “Wat kan ek hieruit leer?”

Dit klink amper dieselfde… maar dit skep twee heeltemal verskillende gesprekke in jou kop.

Die een hou jou vas in frustrasie.
Die ander een maak jou oop vir moontlikhede.

Nuuskierige mense weet nie noodwendig meer as ander mense nie. Hulle vra net
beter vrae.
En soms is dit al wat nodig is om iets raak te sien wat jy voorheen misgekyk het.

Want beter vrae lei dikwels na beter antwoorde… en soms selfs na geleenthede wat jou hele perspektief kan verander.
Watter vraag vra jy vandag vir jouself?

Address

Pretoria

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mooija posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Mooija:

Shortcuts

Share