Ons Winkel Randburg

Ons Winkel Randburg Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for needy students. SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgend

e kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Thrifting just got real at Ons Winkel Randburg.🤩⏰ We are open today until 17:00🛒 Saturday: 09:00 - 13:00❌ Closed on Sund...
22/05/2026

Thrifting just got real at Ons Winkel Randburg.🤩

⏰ We are open today until 17:00
🛒 Saturday: 09:00 - 13:00
❌ Closed on Sundays

📍 70 Rabie St, Fontainebleau

See you soon 😉

18/05/2026
Great deals you don’t want to miss this weekend at Ons Winkel Randburg! 👀From baby items and clothing to home appliances...
08/05/2026

Great deals you don’t want to miss this weekend at Ons Winkel Randburg! 👀

From baby items and clothing to home appliances and so much more! Come thrift with us and discover amazing bargains at prices you’ll love! 🔥

⏰ We are open today until 17:00
🛒 Saturday: 09:00 - 13:00
❌ Closed on Sundays

📍 70 Rabie St, Fontainebleau

See you soon 😉

Winter is hier… en nie almal het iets om hulle warm te hou nie.🥶Het jy ekstra komberse, jasse of enige winters items wat...
05/05/2026

Winter is hier… en nie almal het iets om hulle warm te hou nie.🥶

Het jy ekstra komberse, jasse of enige winters items wat net lê?
Skenk dit. Gee dit ’n nuwe huis. ❤

Jou klein gebaar kan iemand se winter soveel warmer maak. 🧣

📍 Ons Winkel Randburg, 70 Rabie St, Fontainebleau
📲 Kontak Norman vir enige skenkings: 083-393-2121

Today is a perfect day for thrifting! 🤩✨From your home, to your kitchen, to your closet, there’s something special waiti...
02/05/2026

Today is a perfect day for thrifting! 🤩✨

From your home, to your kitchen, to your closet, there’s something special waiting to be found.

📣 Don’t miss out on our current specials 😱
• R10 summer clothing items
• 50% OFF summer clothes
• 50% OFF kitchenware

Come treasure hunt with us!

📍70 Rabie St, Fontainebleau, Randburg, 2032

50% af op somersklere -  ja, jy lees reg! 👗En dit raak nog beter…R10 items beskikbaar 🤯🛍️Plus 50% af op kombuisware 🍽️✨H...
28/04/2026

50% af op somersklere - ja, jy lees reg! 👗

En dit raak nog beter…
R10 items beskikbaar 🤯🛍️
Plus 50% af op kombuisware 🍽️✨

Hierdie is jou teken om ’n draai te maak en iets besonders vir ’n bargain te kry! 👀

📍 Ons Winkel Randburg, 70 Rabie St, Fontainebleau, Randburg, 2032

Moet nie hierdie geleentheid mis nie.

✨ Net ’n vinnige herinnering van ons kant af… kom maak ’n draai by Ons Winkel Randburg 🛍️😉Jy sal verbaas wees oor wat jy...
24/04/2026

✨ Net ’n vinnige herinnering van ons kant af… kom maak ’n draai by Ons Winkel Randburg 🛍️😉

Jy sal verbaas wees oor wat jy alles kan kry teen pryse wat net sin maak 😍

Ons huidige thrifting specials:
☀️ Somersklere – net R10
❄️ Wintersklere – 50% af
🍽️ Kombuisware – 50% af

Ons rakke word heeltyd aangevul, so daar’s altyd iets nuuts wat wag om ontdek te word ✨

📍 70 Rabie St, Fontainebleau, Randburg
Ons sien jou binnekort 😉👀

Thrifters… this is YOUR moment 😍🔥The deals you’ve been waiting for are finally here:☀️ Summer clothes for ONLY R10🏡 50% ...
21/04/2026

Thrifters… this is YOUR moment 😍🔥

The deals you’ve been waiting for are finally here:
☀️ Summer clothes for ONLY R10
🏡 50% OFF kitchenware
🧥 50% OFF winter clothes

Come find your hidden gems before they’re gone… because at these prices, nothing stays on the rails for long. 👀🛍️

⏳ Valid while stock lasts

📍 Ons Winkel Randburg
70 Rabie St, Fontainebleau, Randburg, 2032

It’s FRIDAY! It’s WEEKEND! It’s THRIFTING time! 🤩🛍️The best pieces don’t wait… come grab yours before they’re gone. 👀📍Wh...
17/04/2026

It’s FRIDAY! It’s WEEKEND! It’s THRIFTING time! 🤩🛍️

The best pieces don’t wait… come grab yours before they’re gone. 👀

📍Where to find us: 70 Rabie Straat, Fontainebleau, Randburg (https://share.google/txKwtxDRLaY30YdrY)

Stop by Ons Winkel Randburg vir jou thrifting inkopies.🤩Ons het iets vir elke thrifting-oog, van unieke stukke tot verst...
14/04/2026

Stop by Ons Winkel Randburg vir jou thrifting inkopies.🤩

Ons het iets vir elke thrifting-oog, van unieke stukke tot versteekte skatte wat net vir jóú wag! 😉

📍Ons Winkel Randburg, 70 Rabie Straat, Fontainebleau

Address

72 Rabie Street, Fountainbleau
Randburg
2032

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27649099156

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Randburg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel Randburg:

Share