Ons Winkel Florida

Ons Winkel Florida ONS WINKEL FLORIDA is Helpende Hand se baken in die Roodepoort omgewing. Saam skep ons hoop vir die toekoms en verligting in die hede. Beskerm jouself.

Ons Winkel is deel van die Solidariteit beweging. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projek

te en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.
2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.
3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.
4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens
5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

New stock is in! Come discover your next bargain at Ons Winkel.📌Marnick Centre, 626 Ontdekkers Road, Delarey, Roodepoort...
24/08/2026

New stock is in! Come discover your next bargain at Ons Winkel.

📌Marnick Centre, 626 Ontdekkers Road, Delarey, Roodepoort
📱Johan on 072 843 9239

Love a bargain? You’ll love our latest arrivals! Come shop smart and stretch your rands further.
18/08/2026

Love a bargain? You’ll love our latest arrivals! Come shop smart and stretch your rands further.

Great products deserve a second chance—and you deserve a great price!📌Marnick Centre, 626 Ontdekkers Road, Delarey, Rood...
18/08/2026

Great products deserve a second chance—and you deserve a great price!

📌Marnick Centre, 626 Ontdekkers Road, Delarey, Roodepoort
📱Johan on 072 843 9239

Elke dag 'n nuwe skat om te ontdek
12/08/2026

Elke dag 'n nuwe skat om te ontdek

Great finds don't stay on our shelves for long—visit us today!📌Marnick Centre, 626 Ontdekkers Road, Delarey, Roodepoort📱...
12/08/2026

Great finds don't stay on our shelves for long—visit us today!

📌Marnick Centre, 626 Ontdekkers Road, Delarey, Roodepoort
📱Johan on 072 843 9239

DKN-AM-5i Exercise Bike. Like new condition.DKN AM-5i is an ergometer exercise bike featuring smooth magnetic resistance...
11/08/2026

DKN-AM-5i Exercise Bike. Like new condition.

DKN AM-5i is an ergometer exercise bike featuring smooth magnetic resistance, an 11 kg flywheel, and built-in Bluetooth. It connects to tablets and smartphones for interactive training apps like Vescape Fitness App, offering adjustable ergonomics, hand pulse sensors, and a clear performance display.

📌Marnick Centre, 626 Ontdekkers Road, Delarey, Roodepoort
📱Johan on 072 843 9239

Defy Gas/Electric Stove. 4 Burner gas stove with electric oven. Still in a extremely good condition R2000
11/08/2026

Defy Gas/Electric Stove. 4 Burner gas stove with electric oven. Still in a extremely good condition R2000

Alva Raptor Gas Braai R4200. Nog in 'n uitstekende kondisie, geen gasbottel nie📌Marnick Centre, 626 Ontdekkers Road, Del...
11/08/2026

Alva Raptor Gas Braai R4200. Nog in 'n uitstekende kondisie, geen gasbottel nie

📌Marnick Centre, 626 Ontdekkers Road, Delarey, Roodepoort
📱Johan on 072 843 9239

Nou nie regtig swemweer nie, maar berei solank voor vir die somer
11/08/2026

Nou nie regtig swemweer nie, maar berei solank voor vir die somer

05/08/2026

Address

Marnick Gebou, 626 Ontdekkers Road, Delarey
Randburg
2114

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 08:00 - 15:00

Telephone

+27715488014

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Florida posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel Florida:

Shortcuts

Share