15/03/2023
Goeie dag vriende van Randfontein Kuierfees eerstens wil ek net onverskoning vra dat ek julle teleurgestel het en in die duister gelos het. Eerstens wil ek net jammer sê dat ons die fees moes gekanseleer het op so kort kennisgewing asgevolg van 'n insident waarby ek betrokke was buite die fees het daar dinge plaas gevind wat nooit veronderstel was om te gebeur nie. Ongelukkig het dit oorgespoel na die fees toe en ons regs span is tans besig om daaraan te werk. Elke vendor of uitstaller of enige persoon/instansie wat geld oorbetaal het sal hulle geld terug kry. Ons kan net nie belowe dat dit nie binne 24 uur sal geskied nie. Daar was op geen stadium enige intensie van bedrog soos beweer word nie. Ons het ons nodige polisie klaring asook briewe van die eienaar van die grond naamlik die Randfontein Munisipaliteit wat deur die Munisipale Bestuurder onderteken is en ons toestemming gee om die fees te hou. Ek ontken katagories dat ons by enige bedrog spil betrokke is of was. Elke persoon vir wie daar geld geskuld word kan per email aan my n versoek rig vir kansalasie en terug betaling van die volle bedrag. Wat inbetaal is aan ons. Ons doen dit so om almal se persoonlike besonderhede te beskerm. My epos adres [email protected]
Weereens wil ons onvoorwaarlik onverskoning vra vir al die ongerief.