Mooigemaak

Mooigemaak 'n Aanlyn mark met handgemaakte geskenke spesiaal mooigemaak vir jou .... met ♥ liefde ♥ .... va

10/09/2023

Well done BOKKE

Middag almalMooigemaak is weer aktief en sal binnekort weer begin woel op die blad.Hou ons gerus dop vir die nuwe Mooige...
11/08/2022

Middag almal

Mooigemaak is weer aktief en sal binnekort weer begin woel op die blad.

Hou ons gerus dop vir die nuwe Mooigemaak

03/01/2021

Leserswenke

-Was jou spieels met asynwater en koerantpapier.
-Vir suur reuk op matras, gebruik Dettol Multi-surface Cream Cleaner, citrus flavour. Gooi n bietjie op die plek waar die reuk is en laat intrek. Vat jou emmer met koue water en n lap en was af. Die reuk sal weggaan.
-Vir veluitslag: Meng twee eetlepels growwe sout in 500ml water. Was en droog goed af en smeer Cuticura Herbal aan. Hou verkieslik oornag aan tot alles weg is.

- As jy jou tekkies in die wasmasjien was, stop hulle eers met kouse op wat sal keer dat die skoene hul vorm verloor.
-Wend meubelpolitoer op besem se hare aan, sodat besem langer kan hou en beter vee.
-Meng n paar eetlepels kremetart met warm water om aluminiumpotte en panne mee skoon te maak.

-Om vlermuise uit jou dak of plafon te kry, sit bakkies swembad-chloor in die dak
-As jy wil weet wanneer n pynappel soet is, trek een van sy blare uit. Indien dit maklik uittrek, dan is dit soet. As dit nie maklik uittrek nie, is dit nog nie ryp nie.
-Gebruik twee eetlepels Sunlight Liquid Lemon en n koppie asyn in n emmer water om meubels skoon en blink te kry as jou politoer opraak. Dit maak blink en silwerskoon.

-Vir skoon wasgoed sonder enige olie- of swartmerke,gooi n teelepel vol matwas-middel saam met jou waspoeier in die wasmasjien.
-Om jou teels weer skoon te kry, veral tussen gleufies in die stort, gebruik Handy Andy en n ou tandeborsel. Dit sal vinnig weer soos nuut lyk en dit neem ook sommer die muwwe reuk weg.
-Om gebarste voete en skurwe hande weer sag te kry, meng Vaseline , Johnson's babapoeier en Dolly's gliserien saam. Smeer aan, sal dadelik die verskil voel.

-Om jou elektriese kombers te was, sit die plugs en elektriese kabels in n plastieksak en draai met dik, bruin sellotape toe voor jy dit in die wasmasjien gooi. Als sal dan mooi droog en in n werkende toestand bly.
-Verwyder gomvlekke uit klere deur witasyn daarop te gooi. Was dan soos gewoonlik.

-Vir skoene wat druk, week n sagte lappie in spiritus en druk dit voor en agter in die skoene. Dit maak die leer sag.
-Maak n Disprin fyn en gooi dit in jou sjampoe. Dit help vir skilfers.
-As jou skaniere kraak, smeer net bietjie seep daaraan.

- Wanneer jy vleis braai wat in krummels gerol is, gooi bietjie asyn by die kookolie om te keer dat die vleis vasbrand.
-Om skroeimerke uit klere of linne te verwyder , vryf dit met n stukkie ui en week dit dan in water.
-Om jou 9 karaat juweliersware te laat blink, borsel dit met tandepasta en koue water.

-Wanneer jy jou vensters klaar gewas en drooggemaak het, spuit meubelpolitoer aan en vryf dan op met n skoon lappie.
-As sy te veel sout in jou kos gegooi het, gooi n teelepel appelkooskonfyt by die kos en roer dit deur.
-Om beet vinnig sag te kry, spoel dit af met water en plaas in n sakkie. Plaas dan in die mikrogolf vir 10 minute.

-Smeer Vaseline aan jou hande as jy met olieverf werk. Dit keer dat verfspatsels aan jou hande vassit.
-Om suedeskoene en - banke se tekstuur mooi te hou, maak dit met bensien skoon en vryf agterna babapoeier in.
-Verminder die koolreuk deur twee snye brood bo-op die kool te plaas wanneer jy dit gaarmaak.

-As jou kos baie waterig is, vat drie lepels meel, meng dit met water en enige spesery, dit hang af watter gereg jy maak, en gooi dit in jou pot twee minute voor jy die plaat afsit.
-Gebruik daardie growwe lyfhandskoene om jou muffinpanne maklik skoon te maak.
-Verwyder die visreuk uit jou hande deur dit met n klam sout-en-asyn lap of gebruikte teeblare te vryf.

-Gebruik n welige verestoffer met n lang stok in plaas van n besem om jou teelvloer mee uit te vee. Dit gaan gouer en werk skoner, want elke hoekie en rand word by uitgekom.
- Om jou haarbykomstighede netjies en bymekaar te hou, draai die haarrekkies en strikke om lee toiletpapierolle.
-Gooi n bietjie waspoeier op jou los matter en plaas dit in jou stort. Die matte word lekker skoon terwyl jy stort.

D**k daaraan en ons print dit op themde of bekers.Om te bestel:Stuur slegs jou foto na 072 173 9411 en ons druk dit .......
08/06/2019

D**k daaraan en ons print dit op themde of bekers.
Om te bestel:
Stuur slegs jou foto na 072 173 9411 en ons druk dit ....
- saam met: Joubert van der Merwe

09/03/2019
Spesiale geskenkeMoedersdag, vadersdag, bybelstudie groepe of sommer net iemand spesiaal.Laat ons jou kiddies se spesial...
06/05/2018

Spesiale geskenke

Moedersdag, vadersdag, bybelstudie groepe of sommer net iemand spesiaal.

Laat ons jou kiddies se spesiale tekeninge op 'n beker sit vir daai spesiale mamma, pappa, ouma of onderwyser in hul lewens. Jy kan bekers ook verpersoonlik met jou eie spesiale boodskappie en of fotos. Kontak my per whatsapp by 072 173 9411.
Like en deel hierdie plasing met 3 van jou vriende en staan die kans om jou eie bestelling van 2 bekers gratis te ontvang.

Address

Rawsonville

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Mooigemaak posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Mooigemaak:

Share

Category