Ons Winkel Robertson

Ons Winkel Robertson Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for needy students Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

Kom deel in die pret van die Robertson Lenteskou vanaf 30 September tot 3 Oktober. Jy wil dit nie midloop nie!!!!Ons is ...
30/09/2026

Kom deel in die pret van die Robertson Lenteskou vanaf 30 September tot 3 Oktober.
Jy wil dit nie midloop nie!!!!

Ons is Oop vir Koop!

29/09/2026

Het jy al gewonder hoe die Ons Winkels ontstaan het? 🛍️

Wat vandag ’n landwye groep thrift-winkels is, het ontstaan uit ’n eenvoudige idee: om mense se ongebruikte items ’n tweede kans te gee en dit terselfdertyd te gebruik om ’n groter verskil te maak.

Deur skenkings en aankope word elke Ons Winkel deel van ’n groter doel – om hoop te skep en gemeenskappe te versterk.

Van ’n eenvoudige skenking tot ’n winkel vol moontlikhede.

Dit is waar Ons Winkel begin het.

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

Ons is oop 24 September vanaf 09:00 - 12:00. Goeie Nuus - Ons is nou ook ń punt waar klein en medium pakkies van Courier...
23/09/2026

Ons is oop 24 September vanaf 09:00 - 12:00.

Goeie Nuus - Ons is nou ook ń punt waar klein en medium pakkies van Courier Guy afgegee en opgetel kan word.

Dit is amper weer tyd vir Robertson Lenteskou.
Kom besoek gerus ons stalletjie vir mooi en bekostigbare klere en nog meer.

Ons Winkel in Barrystraat sal tydens die skou natuurlik soos gewoonlik oop wees vir besigheid 09:00 - 17:00.

Pragtige nuwe somersklere uitgepak vir dames en mans. Besoek ons by Barrystrast 78, Robertson. Skakel ons geus by 082 65...
22/09/2026

Pragtige nuwe somersklere uitgepak vir dames en mans.

Besoek ons by Barrystrast 78, Robertson.
Skakel ons geus by 082 651 3045.

Alle skenkings welkom.
Ons tel ook skenkings in Robertson verniet op.

Baie dankie vir almal wat ons ondersteun. Om ons gemeenskap te kan help het ons gedurig nuwe donasies nodig. Een se Oud ...
18/09/2026

Baie dankie vir almal wat ons ondersteun.

Om ons gemeenskap te kan help het ons gedurig nuwe donasies nodig.
Een se Oud is ń ander se Goud.

Kom kyk na die mooi somersklere wat o ns het.

Ons Winkel Robertson…..waar vriende ontmoet!

Dit is altyd lekker om ons kliente te sien. Elke dag vertel ń nuwe storie. Kom deel dit saam met ons. Ons pak daagliks n...
15/09/2026

Dit is altyd lekker om ons kliente te sien.
Elke dag vertel ń nuwe storie. Kom deel dit saam met ons.
Ons pak daagliks nuwe items uit.

Ons is in Barrystraat 78
Kontak ons by 072 651 3045

Besoek  Ons Winkel Robertson in Barrystraat 78  en vind ń iets van als. Ons is besig om ons Somersklere uit te pak. Ons ...
08/09/2026

Besoek Ons Winkel Robertson in Barrystraat 78 en vind ń iets van als.
Ons is besig om ons Somersklere uit te pak.

Ons Winkel Robertson……waar vriende ontmoet!

082 651 3045

Ons Winkel Robertson…..waar vriende ontmoet. Barrystraat 78082 651 3045
24/08/2026

Ons Winkel Robertson…..waar vriende ontmoet.

Barrystraat 78
082 651 3045

Kom kry jou laaste aankope by Ons Winkel Robertson voor die somer aanbreek. Jy weet nooit watter skat jy by ons ontdek n...
24/08/2026

Kom kry jou laaste aankope by Ons Winkel Robertson voor die somer aanbreek.

Jy weet nooit watter skat jy by ons ontdek nie 🌷

Ina, Lolos en Lizet sien uit om jou te sien en te help met jou aankope.

Ons Winkel Robertson…….waar vriende ontmoet!

Barrystraat 78
082 651 3045

Nuwe voorraad uitgepak. Besoek ons by Barrystraat 78. Skakel ons by 082 651 3045
19/08/2026

Nuwe voorraad uitgepak.
Besoek ons by Barrystraat 78.
Skakel ons by 082 651 3045




Address

Barrystraat 78
Robertson
6705

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 12:00

Telephone

+27826513045

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Robertson posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel Robertson:

Shortcuts

Share