Hello Gorgeous

Hello Gorgeous Waar drome & passie een word

Bybelsakke al die pad van NAMIBIA af!Hoe bevoorreg is ek nie om hierdie mooi hand gemaakte Bybelsakke al die pad van Nam...
14/05/2026

Bybelsakke al die pad van NAMIBIA af!

Hoe bevoorreg is ek nie om hierdie mooi hand gemaakte Bybelsakke al die pad van Namibia af te kan kry vir Hello Gorgeous nie.

Hierdie sakke is uniek en niemand anders sal ook so sak soos jy hê nie, dis verseker!

Op die foto’s kan jy die voor en agter kant van die twee sakke sien. Elke sak het ‘n kleiner beesleer sakkie op die voor/agter kant. Die handvatsels is ook van beesleer gemaak. Die sakke het nie ‘n rits nie wat dit maklik om vinnig jou Bybel uit te haal.

Daar is net een van elk beskikbaar @ R 395 elk

Dit is ‘n oulike en handige geskenk.

WhatsApp Marisa op 082 404 3620 om joune te koop

As jy lanklaas by Hello Gorgeous was is hierdie nou jou teken dat jy ‘n draai moet kom maak… sommer hierdie week nog!Kyk...
13/05/2026

As jy lanklaas by Hello Gorgeous was is hierdie nou jou teken dat jy ‘n draai moet kom maak… sommer hierdie week nog!

Kyk net al die oulike kinder en baba speelgoed. Hier is iets oulik vir ‘n babatee en ‘n verjaarsdag!

Kom besoek Hello Gorgeous gerus!

WhatsApp Marisa op 082 404 3620

‼️Hello Gorgeous is Dinsdag GESLUIT‼️
11/05/2026

‼️Hello Gorgeous is Dinsdag GESLUIT‼️

Gelukkige Moedersdag aan elke liewe Mamma🩷Hierdie jaar was Hello Gorgeous geseën om 42 Moedersdag pakkies te kon verkoop...
10/05/2026

Gelukkige Moedersdag aan elke liewe Mamma🩷

Hierdie jaar was Hello Gorgeous geseën om 42 Moedersdag pakkies te kon verkoop, ongelukkig was daar nie kans om almal af te neem nie, maar 42 gelukkige mamma harte kom van Hello Gorgeous af!

Vandag sê ek baie dankie vir elke persoon wat my ondersteun het, ek waardeer dit soveel meer as wat julle kan d**k!

Ek hooo dat elke mamma daar buite hierdie spesiale dag geniet het.

Hello Gorgeous se heel eerste Damesoggend/Koekversier Kuieroggend!Hoe lekker was dit nie vandag om te sien hoe elke pers...
09/05/2026

Hello Gorgeous se heel eerste Damesoggend/Koekversier Kuieroggend!

Hoe lekker was dit nie vandag om te sien hoe elke persoon se kreatiwiteit op ‘n ander manier uit gebeeld word nie.

Hierdie was ‘n oggend vol lag, gesels, kuier, lekker eet en leer.

‘n Eerste stap vir Hello Gorgeous na die drome waaroor ek al so lank bid. (Eendag sal ek vir julle die verhaal oor die geel bordjies vertel)

Kyk solank uit vir die volgende opwindende oggend wat voorlê.

Baie dankie vir elkeen van julle, dankie dat julle my help om my droom uit te leef.

Marisa 🫶🏻

Mooiste servette by Hello Gorgeous beskikbaar. Hierdie servette is goeie kwaliteit en iets wat jy nie in ‘n ander winkel...
08/05/2026

Mooiste servette by Hello Gorgeous beskikbaar. Hierdie servette is goeie kwaliteit en iets wat jy nie in ‘n ander winkel sal kry nie!

As jy nog nie weet wat om vir die spesiale vrou in jou lewe te koop vir Moedersdag nie, kom maak vandag nog ‘n draai by die winkel.

Hier is regtig iets vir elkeen se smaak.

Koop vir haar ‘n pak van hierdie mooi servette met ‘n lekker chocolate of koekies daarby. Ek is seker daarvan sy sal mal wees daaroor.

Servette @ R 85 per pak van 20
Hier is net 4 van elk beskikbaar en van dit is reeds verkoop!

Onthou ook dat Hello Gorgeous SATERDAG ook OOP is vir almal wat nog ‘n laaste iets kort!

WhatsApp Marisa op 082 404 3620 of kom besoek die winkel.

Oulike Moedersdag geskenke wat nog by Hello Gorgeous beskikbaar is.Onthou ook dat Hello Gorgeous Saterdag ook oop is vir...
07/05/2026

Oulike Moedersdag geskenke wat nog by Hello Gorgeous beskikbaar is.

Onthou ook dat Hello Gorgeous Saterdag ook oop is vir almal wat nog ‘n laaste geskenk of iets kort!

Moedersdag is oor net 5 dae!Hierdie pakkies is beskikbaar in die winkel en daar is net 1 van elk beskikbaar!Maak seker j...
05/05/2026

Moedersdag is oor net 5 dae!

Hierdie pakkies is beskikbaar in die winkel en daar is net 1 van elk beskikbaar!

Maak seker jy hoef nie die dag voor die tyd rond te skarrel of vir jou vrou, ma, ouma, skoonma of sussie iets te koop nie.

Kom maak ‘n draai by Hello Gorgeous, hier is baie om van te kies. Jy kan jou eie pakkie opmaak of sommer net ‘n klaar op gemaakte een koop!

Hello Gorgeous sal Saterdag, 9 Mei OOP wees vir almal wat nog nie iets het nie!

WhatsApp Marisa op 082 404 3620 of kom besoek die winkel.

Hello Mei🫶🏻
03/05/2026

Hello Mei🫶🏻

Address

27 Spoelstralaan
Sannieshof
2760

Opening Hours

Monday 09:00 - 16:00
Tuesday 09:00 - 16:00
Wednesday 09:00 - 16:00
Thursday 09:00 - 16:00
Friday 09:00 - 15:00

Telephone

+27824043620

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Hello Gorgeous posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share

Category