STILBAAI KELDERS beskik oor 'n wye verskeidenheid Suid-Afrikaanse uitsoekwyne van veral die Robertson-vallei, Elim en selfs sover as die Weskus. Die 'plaaslike' wyne van Riversdal (Baleia Wines) asook Herbertsdale (Jakkalsvlei) en 'n entjie verder in die Karoo - Calitzdorp, Ladismith, Bonnievale, Barrydale en Montagu - asook wyne nader aan die mees suidelike punt van Afrika in die Struisbaai-omgewing, is ook by ons beskikbaar. Al die ander gewilde drank en bier kan ook by ons teen mededingende pryse aangeskaf word. Kyk veral uit vir ons boetiek-jinewer en die plaaslik-vervaardigde Inverroche Gin asook ons verskeidenheid 'single malt-whiskies. Ons verskeidenheid boetiekbier word saam met die ander bier yskoud gehou. Vind uit oor ons wynproe-geleenthede en sluit aan by ons Wynklub - lede ontvang afslag op alle wynaankope. Laat ons kwoteer vir alkoholiese verversings vir troues en ander funksies. Ys, koeldranke, geskenke - kom kry dit gerus by ons! Besoek ons webtuiste www.stilbaaikelders.co.za waar aanlynaankope gedoen kan word.