04/06/2022
Weens persoonlike redes het ek en Jaco besluit om die tweede Kleine Droom winkeltjie in Hopetown by Beloftebos Coffeeshop eerder toe te maak. Na my pa oorlede is moes ons nuwe keuses en besluite maak wat nou eerder my tyd en aandag nodig het. My geskenke winkel by N12 Halfway Stop Garage in Strydenburg is nog steeds oop en een van die dae groter, indien iemand van Hopetown ietsie nodig het laat weet gerus en ek stuur dit of bring dit saam as iemand Hopetown toe gaan elke week.
Ons kan koerier ook na ander dorpe.
Ons wil elkeen bedank vir julle ondersteuning en waardeer almal van julle. ๐๐๐๐๐๐งก
Hier is die link vir my winkel Whatsapp groep waar ek een van die dae voorraad sal plaas. ๐๐
https://chat.whatsapp.com/LKl63fJarCzHdwR2kiW8lB
Kleine Droom Winkel Selnr: 065 884 7481 ๐ฑโ๏ธ๐
Hou ook ons facebook blad dop vir nuwe voorraad!
Groetnis
Jaco en Suretha
Kleine Droom