Ons Winkel Tzaneen

Ons Winkel Tzaneen Ons Winkel - the charity thrift shops of the trusted South African NPO Solidarity Helping Hand with outlets all over SA. Beskerm jouself.

The shops accept and resell any donation to fund various community upliftment projects and study aid for students in need. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met

gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.

2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.

3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.

4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens

5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
 Verbands- of huuronkostes
 Elektrisiteitsrekeninge
 Herstelkostes aan wonings
 Trek- of reisonkostes
 Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
 Begrafnisdienste
 Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.

02/02/2026
29/01/2026

’n Vinnige terugblik op ’n suksesvolle 2025

Elke statistiek vertel ’n storie van hoop, ondersteuning en samewerking.

Hierdie mylpale was slegs moontlik danksy skenkers, kopers en ondersteuners wat saam geglo het — elke gemeenskap bou saam.

Het jy iets gemis? Hier is ’n paar interessanthede en hoogtepunte van 2025.

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

19/01/2026

Is jy 'n entrepreneur, kreatief en by jou gemeenskap betrokke?
Hier is 'n geleentheid om by die Solidariteit Helpende Hand Limpopo-streek betrokke te raak: Ons Winkel Tzaneen is te koop!

Kontak Suzett 076 157 8129 vir meer inligting oor hierdie wonderlike geleentheid.

Ons Winkel - Helpende Hand

Helpende Hand - Deel van die Solidariteit Beweging

11/12/2025

Die maand vier ons ‘n en kyk terug na wat ons die jaar bereik het met die hulp van ons donateurs, vrywilligers, personeel en elkeen van julle.

'n Unieke waardeaanbod van Solidariteit Helpende Hand is strukture wat gemeenskappe ontwikkel om welstand te bevorder soos die Ons Winkel - Helpende Hand

Daar is ongeveer 127 Ons Winkels landswyd. Met die wins van die verkope van tweedehandse goedere bied Helpende Hand maatskaplike hulp in die gemeenskap, skep werkgeleenthede en dra by aan studiefondse vir studente wat wil studeer maar dit nie kan bekostig nie.

Dit is my winkel, dit is jou winkel, dit is Ons Winkel.
Jou item is nie net 'n item nie, dit is 'n toekoms .

Vind aan jou naaste ons winkel hier: https://helpendehand.co.za/ons-winkel/

Kom loer in by ons Vrydag die 28ste November'25.🎊🥳Verskeidenheid items op uitverkoping🎉🙌
27/11/2025

Kom loer in by ons Vrydag die 28ste November'25.

🎊🥳Verskeidenheid items op uitverkoping🎉🙌




18/11/2025




24/10/2025





Van pragtige antieke breekware wat die huis gaan ophelder tot klere en meer ons het dit als.  Kom loer in!Ons adres is:T...
08/10/2025

Van pragtige antieke breekware wat die huis gaan ophelder tot klere en meer ons het dit als. Kom loer in!

Ons adres is:
Tzaneen Crossing Sentrum
Winkel CS 12 E
(By PostNet)
Peace straat

Eerste 30 minute parkering word vereffen deur ons.




02/10/2025

Besoek jou naaste Ons Winkel en maak só 'n bydrae tot jou gemeenskap.
Besoek www.onswinkel.co.za vir meer oor Solidariteit Helpende Hand se Ons Winkels.

Nuwe items op die rak. Kom loer in!Ons adres is:Tzaneen Crossing Sentrum Winkel CS 12 E (By PostNet)Peace straat Eerste ...
02/10/2025

Nuwe items op die rak. Kom loer in!

Ons adres is:
Tzaneen Crossing Sentrum
Winkel CS 12 E
(By PostNet)
Peace straat

Eerste 30 minute parkering word vereffen deur ons.





Ons adres is:Tzaneen Crossing Sentrum Winkel CS 12 E (By PostNet)Peace straat Eerste 30 minute parkering word vereffen d...
29/09/2025

Ons adres is:
Tzaneen Crossing Sentrum
Winkel CS 12 E
(By PostNet)
Peace straat

Eerste 30 minute parkering word vereffen deur ons.




Kom loer in en bespaar nog meer!📣🎉. Uitverkoping 🎁🎈                                                                     ...
26/09/2025

Kom loer in en bespaar nog meer!

📣🎉. Uitverkoping 🎁🎈
26-27 September'25

Ons adres is:
Tzaneen Crossing Sentrum
Winkel CS 12 E
(By PostNet)
Peace straat

Eerste 30 minute parkering word vereffen deur ons.




Address

Peace Straat 41
Tzaneen
0850

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Thursday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 13:00

Telephone

+27761578129

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ons Winkel Tzaneen posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Ons Winkel Tzaneen:

Share