25/01/2026
Vandag is ons laaste dag van besigheid na 20 jaar.
Met ’n dankbare, maar ook hartseer hart wil ons baie dankie sê vir elke kliënt wat ons oor die jare ondersteun het.
Julle lojaliteit, vriendelikheid en vertroue het vir ons meer beteken as wat woorde kan sê.
Julle was nie net kliënte nie – julle was soos familie.
Dankie vir elke besoek, elke geselsie en elke oomblik wat ons saam kon deel.
Dit sal altyd ’n spesiale plek in ons harte hê.
Baie dankie aan ons ongelooflike personeel. Julle toewyding, opoffering en harde werk het alles vir ons beteken.
Julle is geliefd en sal opreg gemis word, julle was ons familie.
Martie & Adéle