Vreedtsaam Biltong & gebak

Vreedtsaam Biltong & gebak Something for every member of the family to enjoy. Biltong for Dad, tart for Mom and something sweet for the kids.

26/07/2026

Happy Birthday 🥳🥳🥳

Veels Geluk Vreedtsaam 🥳So lê ek vanoggend en terugd**k. 2 Jaar oud. Ons winkel is 2 jaar oud.Dit voel soos gister wat e...
26/07/2026

Veels Geluk Vreedtsaam 🥳

So lê ek vanoggend en terugd**k. 2 Jaar oud.

Ons winkel is 2 jaar oud.

Dit voel soos gister wat ek en Anthony gehoor het van n winkel wat oopgaan in Checkers Arconpark.

Ek onthou nog hoe ons n kans gevat het. Skelm geloer het en met ons oë afmetings gevat het 😄.

Dit was n groot stap. Al die beplanning. Waar gaan ons dit en hoe gaan ons dat🤔.

Maar hier staan ons vandag. n Volle twee jaar oud 🥳.

Ek kyk so na die mensies wat inkom en dit voel weer vir my soos toe ek in die apteek gewerk het.

Die is omgee-mensies. Hoe gaan dit met Magriet? Waar is sy? Ons mis haar? Wanneer kom sy terug? Dan besef ek 😁 dis waaroor dit gaan. Dis die busstop. Die kom koop gou-gou iets vir die kleinkind. Die melktert vir poeding na Sondagmiddag se ete.

Dis die biltong en chillibites na die Rugby en Sokker. Die peusel in die kar oppad na iewers 😋.

Dis hoekom ons nog hier is. Definitief oor die lekker eetgoed 😄 maar ook, oor die mense.

Dankie julle vir jul kuiers en omgee.

Dankie Anthony vir die awesome eienaar wat jy is. Die lekker biltong. Die raas met die verskaffers. Die rondjaag vir voorraad.

Dankie aan ons tannies en oom 😄 wat vir ons bak en lekker goedjies verskaf. Sonder julle was ons winkel leeg.

En dankie vir ons familie. Sonder julle ondersteuning en gebed en liefde sou ons nêrens gewees het nie.

Dankie my Pappa Vader vir nog n jaar.🤗.

Nou ja dis al van my vir vandag.🤣

LEKKER EET 😁

Amanda

26/07/2026

🎉🎂 VREEDTSAAM IS 2! 🎂🎉

Today we celebrate 2 wonderful years of
Vreedtsaam Biltong en Gebak! 🤎

Two years of biltong, gebak, laughter, stories, familiar faces and new friendships.

But most of all…
two years of YOU. ❤️

To every person who has walked through our doors, supported our little shop, shared a kind word or simply popped in for something lekker —

DANKIE.

You are part of our Vreedtsaam family and part of our story. 🌿

Here’s to many more years of
lekker eet, lekker kuier & mooi memories! 🥂

🎈 HAPPY 2ND BIRTHDAY VREEDTSAAM! 🎈

Waar lekker eet en ontspan ontmoet.

Go Bokke. Biltong, Melktert, koeksusters en Rugby. Trots Suid-Afrikaans 😄Vreedtsaam Biltong & gebak   www.vreedtsaambilt...
12/07/2026

Go Bokke. Biltong, Melktert, koeksusters en Rugby. Trots Suid-Afrikaans 😄

Vreedtsaam Biltong & gebak



www.vreedtsaambiltong.com

20/06/2026
20/06/2026

Ek sit vanaand hier en d**k terug. Wat het my pa vir my beteken?Miskien moet ek bietjie terug gaan delf in my foto's.🤣So dit het die trick gedoen❤️My pa, die "funny bunny" 😂. Soos wat ek terugd**k, onthou ek my pa, hy was altyd die een wat grappies gemaak het. Hy het altyd saam met die kle...

Vanaand d**k ek terug aan my pa — die grappige een, die speelmaat van die kleinkinders, die man met die handgemaakte tak...
03/06/2026

Vanaand d**k ek terug aan my pa — die grappige een, die speelmaat van die kleinkinders, die man met die handgemaakte take en die kitaarliedjie. Ek onthou sy stories, sy lag en die eenvoudige oomblikke wat huis maak.

Vier Pappadag met plaaslike geure. Kom proe ons handgemaakte biltong en vars gebak. Vat iets saam vir pappa. Of kies ’n paar troeteldierlekkernye vir die hond wat altyd by hom sit.

Sê vir pappa jy’s lief vir hom. Sit, luister en ruik die nat grond. Dit is die dinge wat bly.

Vertel ons: wat herinner jy aan jou pa? 💬❤️

Ek sit vanaand hier en d**k terug. Wat het my pa vir my beteken?Miskien moet ek bietjie terug gaan delf in my foto's.🤣So dit het die trick gedoen❤️My pa, die "funny bunny" 😂. Soos wat ek terugd**k, onthou ek my pa, hy was altyd die een wat grappies gemaak het. Hy het altyd saam met die kle...

Address

Cnr Arum Street And Ring Road
Vereeniging
1930

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Vreedtsaam Biltong & gebak posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share