Scotts Kwekery

Scotts Kwekery Colour your life at our Garden Centre
(1)

15/06/2026
In herinnering aan Phillip Scott🌿🌳🌸 💚 Phillip was ’n geliefde broer, man, pa, oupa, neef en vriend. Hy was vir ons almal...
10/06/2026

In herinnering aan Phillip Scott
🌿🌳🌸 💚
Phillip was ’n geliefde broer, man, pa, oupa, neef en vriend. Hy was vir ons almal ’n voorbeeld van hoe om liefde te wys, die lewe nie te ernstig op te neem nie, en hoe belangrik dit is om altyd tyd vir ’n grappie en ’n glimlag te maak.

Phillip was op ’n baie gelukkige plek in sy lewe. Sy familie en die kwekery was sy grootste vreugde. Hy het dit geniet om elke aand sy vuurtjie aan te steek, die sonsondergang dop te hou en met elke persoon wat voor die huis verbygestap het, ’n geselsie aan te knoop.

Die kwekery was sy passie en hy het daarna uitgesien om dit nog vir baie jare voort te sit. Dit was vir hom veel meer as net ’n besigheid, dit was ’n verlengstuk van wie hy was. Ons weet dit is groot skoene om vol te staan, maar die Scott-familie sal die kwekery met trots voortsit en sy nalatenskap laat voortleef. Dit is daar waar ons hom elke dag sal beleef.

Ons sal hom onthou vir sy liefde, sy humor, sy vriendelikheid en die besondere manier waarop hy mense se lewens aangeraak het.

Phillip se wens was dat geen formele begrafnis of diens gehou word nie, maar slegs 'n privaat byeenkoms vir sy naaste familie. Ons respekteer graag sy wens en dank almal vir hulle liefde, ondersteuning en meegevoel gedurende hierdie moeilike tyd.

Ons is stomgeslaan deur almal se liefde en ondersteuning.Ons is oorweldig deur elke blom, boodskappie, oproep, kers, Fac...
05/06/2026

Ons is stomgeslaan deur almal se liefde en ondersteuning.

Ons is oorweldig deur elke blom, boodskappie, oproep, kers, Facebook-kommentaar, gedagte en gebed. Dit beteken vir ons meer as wat woorde kan sê.

Phillip sou dit nie glo nie. Soveel liefde, respek en omgee van soveel mense.

Uit die diepte van ons harte: baie dankie aan elkeen wat aan ons d**k en saam met ons rou.

🌿 Kyk hoe mooi blom hierdie pragtige Peace Lily by ons!
31/05/2026

🌿 Kyk hoe mooi blom hierdie pragtige Peace Lily by ons!

’n Wye verskeidenheid plante om van te kies! Perfek vir binne jou huis én vir jou tuin buite.
30/05/2026

’n Wye verskeidenheid plante om van te kies! Perfek vir binne jou huis én vir jou tuin buite.

30/05/2026

Our pots section just got a fresh new look! Come visit us and find the perfect home for your plants! 🪴

Address

Retail Nursery Brakfontein Saldanha Road
Vredenburg
7380

Opening Hours

Monday 09:00 - 17:00
Tuesday 09:00 - 17:00
Wednesday 09:00 - 17:00
Friday 09:00 - 17:00
Saturday 09:00 - 15:00
Sunday 10:00 - 13:00

Telephone

+27227153016

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Scotts Kwekery posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Scotts Kwekery:

Share

Category