11/08/2026
Augustus is die tyd vir gras bemesting. En as jy bemes om die grond te voed en nie net jou plante nie - soveel beter!
Belangrik om te weet dat plantvoeding (fertilizer) die plant voed, terwyl goeie organiese kompossoorte die grond voed en die struktuur en gesondheid daarvan herstel.
Bou die organiese komponent van jou grond met lawndressing, dit voed jou gras en kan ook die grasperk netjies gelyk maak. Bemes dan ook met 7.1.3 of 8.1.5.
Wat is lawndressing? 'n Gesifte mengsel van kompos, sand en bogrond. Dit maak die gras gelyk en sit organiese materiaal terug in die grond. Dit beskerm ook die wortels nรก die lang, koue, droรซ winter. Onthou om die gras lekker kort te sny voor dit bemesting en 'n dun bolaag lawndressing kry.
Terwyl die weer nog koel is kry alles lekker kans om stadig in te sak en af te breek met elke natgooi, sonder dat die son dit uitbrand.
Ons het elke sak kompos en plantvoeding onder die son - veral lekker baie lawndressing (wat boonop nou teen 'n beter prys verkoop - R36 'n sak!)
Enige vrae? Laat ons weet hieronder en ons help graag.