16/11/2026
Kom ontmoet vir Etienne van Heerden!
Datum: Vrydag, 20 November 2026
Tyd: 10:00
Plek: Bainsvlei-biblioteek, Boerneefstraat, Langenhovenpark, Bloemfontein
RSVP: [email protected]
en
Datum: Woensdag, 09 Desember 2026
Tyd: 18:15 vir 19:00
Plek: Die ATKV Bordienghuis Teater, Breytenbach Sentrum, Burgerstraat 14, Wellington
Prys: R70 p/p
RSVP: Jessica 0662892212
Tydens hul studentejare word drie Wilgenhoffers gewerf as agente vir die geheimsinnige “Diereriem”. ’n Tragedie verbind die drie onlosmaaklik aan mekaar. Die introvert Antonie Vermeulen, kodenaam Muskeljaatkat, moet al reisende ’n hoogs geheime, grillerige opdrag uitvoer. ’n Grootse literêre spioenasieverhaal, tragiese liefdesverhaal én biegroman.
Diereriem deur Etienne van Heerden: R370
Sien jou daar!
Jonathan Ball Publishers
__________________________