14/09/2026
’N NUWE HOOFSTUK VIR TAS!
Na ’n wonderlike reis wat in 2021 met net een sous begin het, is TAS – The Amazing Sauce reg vir die volgende opwindende stap!
Wat begin het met ’n resep uit ons restaurantdae in 2002/2003, het gegroei tot ’n reeks heerlike s***e en speserye wat deur soveel mense geniet word.
Nou word die naam TAS verander na ECHT – The Amazing Sauce & Spice!
Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat ons s***e en speserye deur ’n maatskappy, Handcrafted Food Products, in Wellington vervaardig en versprei gaan word. ’n Nuwe en baie opwindende toekoms lê voor!
Dieselfde passie. Dieselfde lekker geure. ’n Nuwe naam. ’n Groter reis!
Baie dankie aan elkeen wat TAS deur die jare ondersteun het. Sonder JULLE sou dit nie moontlik gewees het nie.
TAS word ECHT – en die beste lê nog voor! Enige bestellings kan geplaas word by [email protected]