Coppermoon Ribbons & Printing

Directions Website Contact the business

Coppermoon Ribbons & Printing From personal and corporate gifting, packaging and packaging frills, labeling for sewing, wooden tags and all the extras needed.

With so many options and options for your personal creative flair, we really are a one stop shop that covers it all.

Please take note of our festive closing dates
10/11/2026

Please take note of our festive closing dates

27/10/2026

Die Paaie van Politiek en die Vloere van Ons Hospitale
’n Verhaal uit die oogpunt van ’n paramedikus.

Die son het reeds begin op kom toe ek uiteindelik die ambulans se deur toegemaak het. My skof was verby, maar die beelde in my kop wou nie saam met die ligte afskakel nie.

Ek het ’n ma gesien wat geboorte moes gee op ’n hospitaalvloer. Nie in ’n kraamsaal met ’n verpleegster aan haar sy nie. Op ’n koue vloer, waar ’n nuwe lewe die wêreld binnegekom het terwyl ’n stukkende stelsel sy rug op haar gedraai het.

Ek het ’n jong man gesien wat wreed aangerand is. Hy het daar gelê, deurweek van sy eie urine, verneder en seer, terwyl die hulpbronne en sorg wat hy nodig gehad het, ontbreek het. Hy was iemand se seun. Iemand se broer. Iemand se hoop vir die toekoms.

En ek het ’n ou tannie gesien, haar hand koud in myne, haar gesig vertrek van pyn. Sy het nie gevra vir grondhervorming, ’n beter toekoms of ’n politieke oorwinning nie.
Sy het net gefluister: “My kind, kan iemand asseblief my pyn wegneem?”
Ek het nie geweet wat om vir haar te sê nie. Ek kon haar hand vashou. Ek kon probeer troos. Maar ek kon nie die medisyne, die personeel of die bedtowering skep wat die stelsel haar ontsê het nie.

Toe dink ek aan ons politici.

Helen Zille swem in potholes en maak daarvan ’n politieke boodskap. Maar wie hoor die noodkreet van ’n moeder wat op ’n hospitaalvloer geboorte gee? ’n Slaggat kan herstel word. Maar hoe herstel jy ’n moeder se waardigheid wanneer die stelsel haar op haar kwesbaarste oomblik in die steek laat?

Corné Mulder speel skaak met koalisies en debatteer oor strukture, maar die VF Plus het nie ’n woord te sê oor die krisis in ons staatshospitale nie — nog minder steek hulle ’n vinger uit om te help. Hulle veg vir posisies op papier, maar ignoreer die bloed op die vloer. En die laaste keer wat ek gekyk het, kon geen pasiënt asemhaal deur ’n beleidsdokument nie.

Cyril Ramaphosa praat van ’n “beter toekoms”. Maar hoe bou ons daardie toekoms wanneer die infrastruktuur verbrokkel, hospitale verval en pasiënte moet bid vir sorg wat hul geboortereg behoort te wees? Hoe verduidelik jy aan ’n jong man wat in sy eie vuil lê dat die land besig is om vorentoe te beweeg?

Julius Malema praat van grond. En miskien is grond vir baie mense ’n simbool van geregtigheid en hoop. Maar wat beteken grondbesit vir ’n ou vrou wat haar laaste dae in pyn deurbring?

Wat beteken enige politieke oorwinning as sy nie eens waardig en pynvry behandel kan word nie?

En dan is daar die politici wat ineenstort en sonder huiwering na private hospitale gejaag word. Daar waar deure oopgaan, sorg beskikbaar is en mediese hulp nie ’n politieke slagspreuk is nie, maar ’n werklikheid.
Ek wonder soms: Is hulle bang om in hul eie openbare hospitale behandel te word, of het hulle eenvoudig vergeet hoe dit voel om magteloos te wees?

Want ek het vandag weer gesien wat hulle dalk nie meer raaksien nie.
Ek het nie net pasiënte gesien nie. Ek het mense gesien.
Ek het ’n moeder se vrees gesien. ’n Jong man se vernedering. ’n Ou vrou se pyn. Ek het verpleegkundiges gesien wat met te min hande te veel probeer doen.

Ek het kollegas gesien wat aanhou, al is hulle moeg, gefrustreerd en emosioneel uitgeput.
Ons is nie diegene wat toesprake lewer nie. Ons is die mense wat die gevolge van daardie toesprake op die grond sien.

Ons hoor die sirenes. Ons dra die pasiënte. Ons probeer lewens red binne ’n stelsel wat dikwels nie genoeg het om ons te help nie.
En wanneer die skof verby is, ry ons huis toe met die wete dat vanaand waarskynlik dieselfde gaan wees.

Ek is ’n paramedikus. Ek is nie ’n politikus nie. Ek kan nie die land met ’n toespraak verander nie. Maar ek weet dat geen land werklik vooruitgaan wanneer sy mense op hospitaalvloere geboorte gee, in hul eie vuil lê of in pyn sterf terwyl hulp binne bereik behoort te wees nie.
Miskien moet ons leiers minder tyd spandeer om na die slaggate in die pad te kyk en meer tyd om te sien wie daarin vasgevang is.

Want die grootste slaggat in Suid-Afrika is nie een in die teerpad nie.
Dit is die gaping tussen die beloftes wat ons hoor en die menswaardigheid wat ons elke dag in ons hospitale sien verdwyn.

En nou, terwyl ek my uniform uittrek, bly een vraag by my spook:
Hoeveel mense moet nog op die vloer lê voordat iemand in ’n posisie van mag uiteindelik opstaan?

Custom printed Softshell JacketsWhatsApp 082 517 0394
22/10/2026

Custom printed Softshell Jackets

WhatsApp 082 517 0394

Custom Stickers Thank you for your order
22/10/2026

Custom Stickers

Thank you for your order

Funeral Memorial Ribbons Thank you for your order
22/10/2026

Funeral Memorial Ribbons

Thank you for your order

Gloves To Glory looking for Sponsors/InvestorsContact them directly if you are interested in Sponsoring them
21/10/2026

Gloves To Glory looking for Sponsors/Investors

Contact them directly if you are interested in Sponsoring them

2027 Diaries available to order. Order yours todayWhatsapp 082 517 0394
20/10/2026

2027 Diaries available to order.

Order yours today

Whatsapp 082 517 0394

Thank you for your order Custom clothing labels
20/10/2026

Thank you for your order

Custom clothing labels

Thank you for your order Custom platter plate
20/10/2026

Thank you for your order
Custom platter plate

🎣🐟 FISHING T-SHIRTS – MADE FOR ANGLING ENTHUSIASTS! 🐟🎣Get ready for your next fishing adventure with our custom fishing ...
15/10/2026

🎣🐟 FISHING T-SHIRTS – MADE FOR ANGLING ENTHUSIASTS! 🐟🎣

Get ready for your next fishing adventure with our custom fishing T-shirts! 🎣

🐟 Unique fishing designs
👕 Short and long sleeve options
🎨 A variety of designs to choose from
🎣 Perfect for fishing trips, weekends and everyday wear!
❤️ Great for every fishing enthusiast!

We can also do a custom design for your angling club...

🔥 MADE TO ORDER! 🔥

Whether you're into Carp, Trout, Bass or Marlin fishing, we've got a design for you!
Or send us your own design for custom prints

📲 ORDER NOW!

📞 WhatsApp: 082 517 0394
📧 Email: [email protected]
🌐 www.coppermoonribbons.com

Join our WhatsApp channel for more updates on products
https://whatsapp.com/channel/0029Vb8hfnmBKfhvFKE1th1f

Coppermoon Ribbons & Printing
✨ Personalised Branding For You ✨

🎣 WEAR YOUR PASSION. FISH IN STYLE! 🎣

Address

Rabie Avenue
Meyerton
1961

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 14:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Coppermoon Ribbons & Printing posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Business

Send a message to Coppermoon Ribbons & Printing:

Share

Category